Print this page

Mongolië: Jesus en die finale grense

Lofverslae - - 06 Feb 2015 - Print - Email

Te midde van die ruwe skoonheid en fassinerende kultuur van Mongolië vind daar 'n geestelike ontwaking plaas. Mense daar kom na Christus toe omdat mense gebid, gewerk en gegee het om Hom bekend te maak op 'n plek waar Kommunisme eens die beoefening van godsdiens verbied het. 'Vandag', skryf Wayne Pederson, President van Reach Beyond, 'is daar ongeveer 40 000 gelowiges wat in sowat 600 kerke regoor die land aanbid. Dis die goeie nuus. Die uitdaging is dat die 40 000 gelowiges slegs sowat 1,2 persent van die nasie se bevolking verteenwoordig.' Die projek se toekomstige doelwit is om saam met plaaslike gelowiges te werk om 'n Christelike radiostasie in elk van Mongolië se 21 provinsies te plaas, wat die nasie bedek met evangelie-uitsendings