Die koningin het in haar Kersboodskap van Jesus gepraat as die Vredevors

Lofverslae - - 08 Jan 2015 - Print - Email

Oor Kersfees en die Nuwejaar het die koningin van Jesus gepraat as ''n inspirasie en 'n anker'. In haar jaarlikse Kersboodskap het die Koningin oor versoening en vergifnis gepraat en Jesus as 'n 'rolmodel' van hierdie eienskappe beskryf. In die boodskap, wat op Kersdag uitgesaai is, het sy gesê: 'Vir my is die lewe van Jesus Christus, die Vredevors, wie se geboorte ons vandag vier, 'n inspirasie en 'n anker in my lewe. 'n Rolmodel van versoening en vergifnis, hy het sy hande uitgesteek in liefde, aanvaarding en genesing. Christus se voorbeeld het my geleer om te probeer om alle mense, van watter geloof of geen geloof, te respekteer en te waardeer.' Die monarg se jaarlikse Kerstoespraak, wat die eerste keer in 1932 deur George V gelewer is, is een van die seldsame geleenthede wanneer die koningin haar eie sienings gee oor gebeure in die land en regoor die wêreld