Print this page

Verras! Arabiere en Jode verenig om Messias se wederkoms aan te kondig

Lofverslae - - 12 Des 2014 - Print - Email

'n Nuwe generasie Arabiese en Joodse volgelinge van Jesus het verlede week bymekaargekom om 'n strategie te bepaal oor hoe om 'Israel onderstebo te keer'. Tweehonderd-en-sestig Messiaanse Joodse en Arabiese pastore, jeugleiers, evangeliste, Bybelskoolonderwysers en bedieningsleiers het vir 'n driedaagse raad vergader om te bespreek, te studeer, te bid en saam te werk om die Woord van God effektief aan die Arabiere en Jode in die hele land van Israel. Hierdie gesoute manne en vroue van geloof beliggaam dekades se arbeid om die Evangelie aan plaaslike Arabiere en Jode te verkondig. Die meeste het alles prysgegee om Messias aan hulle ongelowige Moslem- en Joodse families en vriende te verkondig. Verag weens hul geloof, het hulle werk verloor, verwerping gely en verskeie ander ontberings verduur, maar hul passie om die Goeie Nuus aan hul mense te bring, bly ongeblus. 'Ons sal aanhou om die Woord van God te preek en te onderrig totdat dit die volk Israel verander,' het een leidende pastoor verklaar.