Print this page

Sri Lanka: Evangelie gaan na donker plekke

Lofverslae - - 30 Aug 2014 - Print - Email

'n Inheemse bediening in Sri Lanka gaan huis-tot-huis en vertel die goeie nuus van Jesus aan enigiemand wat wil luister. Die gebied word beïnvloed deur verskeie kultusse, towery, heksery, ens. In een spesifieke kusdorpie kon 'n klein gemeente genoeg fondse insamel om 'n klein stukkie grond te koop en 'n 12' x 20' saal met 'n sementvloer en 'n klapperblaar grasdak. Hulle het nou spesiale aandbyeenkomste in hul oerwoud-area begin waar die mense honger is vir die Woord van die Here.