Print this page

Brasilië: Die Evangeliese Revolusie

Lofverslae - - 03 Jul 2014 - Print - Email

Brasilië: Baie van Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande is te midde van wat gelowiges met trots 'n 'evangelikale revolusie' noem. Volgens die IBGE, Brasilië se sensusraad, het die land se Katolieke bevolking van ongeveer 89% in 1980 tot 74% in 2000 gedaal, terwyl sy Pinkster-kudde van 3% tot 10% gegroei het. 'n Openbare uitdrukking van hierdie nuwe evangelisasie is die 'Optog vir Jesus'. Meer as 'n halfmiljoen Christene het vroeg in Junie vanjaar in Rio de Janeiro bymekaargekom. Die jaarlikse geleentheid is gehou onder die slagspreuk 'Ek behoort aan Jesus. Ek is 'n kampioen', ter ere van die deelnemers se geloof en die 2014 FIFA Wêreldbeker, wat Brasilië hierdie jaar aanbied. Nog 'n 'Optog vir Jesus' word op 12 Julie in Sao Paulo beplan, 'n dag voor die Wêreldbeker-eindstryd. Hierdie een sal na verwagting 2 miljoen deelnemers trek. Dit is die land se grootste godsdienstige byeenkoms, en meer gewild as die Salvador-karnaval.