Print this page

Myanmar: God hoor kinders se gebede

Lofverslae - - 19 Jun 2014 - Print - Email

Wanneer kinders bid, lyk dit of God kragtiger beweeg. John Robb, voorsitter van die Internasionale Gebedsraad, deel hierdie waarneming met vertroue. Hy het dit aanskou toe hy direkteur van gebed was by World Vision, 'n groot internasionale ontwikkelings- en kindersorgorganisasie. 'Personeel het dikwels die Here se wonderwerke waargeneem wanneer ons projekkinders gebid het. Ons het hierdie verskynsel eintlik in vyf baie arm lande ondersoek waar personeel die kinders gevra het om te bid vir spesifieke infrastruktuurveranderinge, soos die oplossing van gemeenskapsverdelings, en baie ander behoeftes. Hulle het dit twee jaar lank gedoen, en almal was verstom oor die wonderwerke wat plaasgevind het. Wanneer die kinders gebid het, het die ouers genees van terminale siekte, regerings het daardie dorpies gekies vir die putte of die klinieke, of die terroriste is uit daardie gemeenskappe gehou waar die kinders gebid het.'