Print this page

Turkye: Christelike kurrikulum in openbare skole

Lofverslae - - 17 Jun 2014 - Print - Email

In 'n land van 76 miljoen waar 99,9 persent van die bevolking Moslem is, is positiewe pro-Christelike nuus skaars. Maar, Turkye se Ministerie van Onderwys het versoek dat Behnan Konutgan, Direkteur vir International Needs Network, 'n groep Christene sal lei om 'n Christelike kurrikulum vir 'n godsdiensklas vir die openbare skole te skep. "Omdat Turkye op pad is om by die Europese Unie aan te sluit, het hulle 'n nuwe ding vir volgende jaar geskep," het Konutgan gesê. 'Hulle sal 'n keusekursus vir die skole hê vir graad 5, 6, 10 en 11. Hulle het belowe om dit te druk. Dit is wonderlik!' Volgens die verslag is Christenstudente in die verlede verplig om Islamitiese onderwysklasse te neem. Nou kan enige Christenstudent in 'n openbare skool die alternatiewe godsdiensklas aanvra. 'Dit is die eerste in die geskiedenis van Turkye. Bid dat hierdie projek gedoen sal word,' het Konutgan bygevoeg.