Christenleiers van regoor die wêreld sal op 14-18 Mei 2012 by die Wêreldgebedsbyeenkoms in Jakarta, Indonesië, byeenkom. Hierdie geskiedkundige gebeurtenis sal plaasvind terwyl miljoene Indonesiërs verbind is in gebed vir hul nasie. 24/7 'gebedstorings' werk in baie stede in Indonesië en meer as 200 000 'kinderbidders' is toegewyd in gebed vir hul nasie. Dit alles in die grootste Moslem-bevolkte land. Duisende gebeds-, sending- en markleiers, tesame met brandende jeugdiges en kinders, sal in Jakarta bymekaarkom om die Here saam te soek vir Sy strategieë van 'gebed-aksie' vir die wêreld. Wat uniek is, is dat die WPA intergenerasioneel gelei sal word, met jeugdiges en kinders wat help om plenêre en ander sessies te fasiliteer. Dit, glo die organiseerders, sal 'help om die volgende generasie manne en vroue van God bekend te stel wat God sal gebruik om die nasies te beïnvloed'. Meer inligting is beskikbaar op die 'Meer' skakel. Kyk ook na die inspirerende inleidingsvideo.
Prys: God en bid dat daar tsoenami van Sy Heilige Gees sal wees. (Hab.2:14)