VSA: Boston Night of Worship

Lofverslae - - 07 Okt 2011 - Print - Email

Boston Night of Worship 2011 word gehou by die Agganis Arena op Sondag, 9 Oktober om 18:00, en sal 60+ aanbiddingsleiers en 'n 100-koppige koor bevat. United Night of Worship (UNOW) is 'n aanbiddingsbeweging waar duisende mense plaaslik en regoor die wêreld in desperaatheid bymekaarkom om die een ware en lewende God, Jesus Christus, na te jaag. Dit het in 2007 begin toe 'n sendeling van Malawi tydens 'n vas van 21 dae deur die Heilige Gees opdrag gekry het om soveel as moontlik aanbiddingsleiers van Boston byeen te bring om verenig op een verhoog te staan 'om die heerskappy van Jesus oor die stad te verklaar' - 'n Byeenkomste wat begin het met 30 aanbiddingsleiers wat op een verhoog verenig is oor kulturele, denominasionele en sosiale lyne, en het ontplof in 'n vurige aanbiddingsbeweging wat geestelike honger, passie en verenigde desperaatheid vir Jesus en Sy duidelike teenwoordigheid aan die brand gesteek het. Dit is duidelik dat iets nuuts geestelik regoor New England gebeur.

Prys: God vir Sy teenwoordigheid in Boston en regoor die wêreld. (Joh.4:23)

Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=9396