Gedurende die eerste naweek in Oktober het 10 000 jongmense in die woestyn 60 myl noord van Kaïro bymekaargekom om te sing, te bid en die Here te aanbid. (Sien Gebedswaarskuwing 43-2012) Die jeugbyeenkoms is opgevolg met 'n selfs groter geleentheid op dieselfde plek - op 25-28 Oktober 'Count It Right' Christelike saamtrek wat 45 000 mense getrek het. Ingesluit in die getalle wat deur 'n Christenleier gerapporteer word, is: • 25 000 - geskatte aantal mense wat hul lewens aan Jesus gegee het: • 8 000 - kaarte ingevul deur mense wat opvolgbesoeke deur kerke versoek het: • 2-3 miljoen - geskatte getal van mense wat die saamtrek op twee Christelike satellietkanale gevolg het: • 1 000 - kinders wat deelneem aan 'n spesiale program wat vir hulle voorberei is: • 5 000 - mense wat 'n eendaagse parallelfees op 25 Oktober in die Kopties-Ortodokse Grotkerk bywoon: • 6 000 - mense wat op 28 Oktober nog 'n soortgelyke byeenkoms van verskillende kerke bywoon in Assiut, 'n stad wat ses uur suid van Kaïro geleë is. "Groot getalle, maar die belangrikste van alles, 'n groot oes!" Bron: per e-pos. Sien ook 'Meer' skakel.
Prys: God vir die werk van die Heilige Gees onder die Egiptiese mense. (2Kor.13:14)
Meer: http://us1.campaign-archive2.com/?u=5138667adad5222600bae0e66&id=80671a63ac&e=947657d957#mctoc1