Ongekende groei in 2011

Lofverslae - - 18 Jun 2012 - Print - Email

Geopende deure het vandeesweek berig dat lewens in 2011 verander is, gemeenskappe getransformeer en hoop herstel is soos nog nooit tevore in Noord-Korea en die Midde-Ooste nie. Meer as 3 miljoen Christene het Bybels en Christelike lektuur ontvang, meer as 263 500 het Bybelopleiding ontvang en 172 000 het by ontwikkelingsprojekte baat gevind. Ten spyte van dekades van vervolging, gaan die kerk in Noord-Korea voort om ondergronds te oorleef met 'n geskatte 200 000 – 400 000 gelowiges. Iran het nou die hoogste koers van Moslems wat hulle tot die Christendom bekeer in die Midde-Ooste. Letterlik miljoene Moslems in die Midde-Ooste het die Evangelieboodskap in onlangse jare via satelliet-TV en die internet teëgekom. Gedurende die kort tydsduur van geen tjeks by die Libiese grens met Egipte nie, het meer Bybels Libië bereik as in die vorige 42 jaar. In Sirië het Geopende Deure soveel as moontlik versprei terwyl dit nog veilig was om te reis.

Prys: die HERE vir sy onfeilbare liefde en sy wonderdade vir die mensdom, want Hy versadig die dorstiges en vul die hongeriges met goeie dinge. (Ps.107:8-9)

Meer: http://www.opendoorsusa.org/pray/prayer-updates/2012/06-June/Serving-christians-worldwide