Het jy geweet dat meer as een derde van tronke in die Verenigde Koninkryk tans 'n evangelistiese Alpha-kursus hou? Hierdie bediening - Alpha for Prisons - het die visie om elke man en vrou in die tronk die geleentheid te gee om Christus te leer ken deur deel te neem aan die kursus en om die samelewing te transformeer deur die vestiging van tronkbedieninge. Prison Fellowship England & Wales, deur sy vrywilligers, werk vir die herstel van die lewens van gevangenes en slagoffers, en hul gesinne. PF is 'n vrywilliger-geleide organisasie met 'n klein span betaalde personeel. Daar is meer as 1 700 vrywilligers regoor Engeland en Wallis wat vir gevangenes bid, Sycamore Tree-kursusse bestuur, Angel Tree koördineer, briewe aan gevangenes skryf en verskeie ander rolle vervul om die kapelaan van die gevangenis te ondersteun. Oor die afgelope jare het Alpha for Prisons ook in Afrika posgevat.
Prys: God vir al die vrywilligers wat nuwe lewe bring aan diegene in die tronk. (Hand.5:20)