Die Bybel - die verhaal wat 'n impak maak

Lofverslae - - 09 Jul 2010 - Print - Email

Oor die afgelope 6 weke het meer as 3 700 Christene in die VK die From Eden to Eternity-toer bygewoon, 'n drama wat die verhaal van die Bybel binne 'n bietjie meer as 'n uur lewendig maak. Aangesien die impak van die drama steeds in die VK aanklank vind, versprei die invloed van die toer. Wycliffe Bible Translators in die VK het die Saltmine Theatre Company gevra om hierdie vertoning te vervaardig om Britse Christene te herinner aan die waarde van die Bybel. Gedurende Mei en Junie het dit 27 plekke regoor Engeland getoer. Na twee suksesvolle jare is planne reeds in plek om volgende jaar weer van Eden na die ewigheid te toer. As jy sou belangstel om die geleentheid in Maart 2011 by jou kerk te hou, kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Hersien hoogtepunte van die toer kan gesien word by www.eden2eternity.org en daar is steeds 'n geleentheid om die vertaling van 'n skrifvers te borg.

Prys: God vir die boodskap van Sy Woord wat spreek tot almal wat dit hoor. (1 Joh.2:5)

Meer: http://www.wycliffe.org.uk/wycliffe/connected/from-eden-to-eternity.html