80 000 inwoners in Thailand is 'n gewilde toeristebestemming. In 'n dorp wat oorwegend Boeddhisties is, is 'n Christelike radiostasie gestig deur die samewerkingspogings van Thailand Christian Radio Network, sewe plaaslike kerke en HCJB ('n organisasie wat probeer om mense deur die luggolwe en deur gesondheidsorg te bereik). Plaaslike inwoners het die radiostasie gebou op grond wat deur 'n Christelike laerskool verskaf is. Hierdie grootliks Boeddhistiese dorp sal nou die evangelie van verlossing deur Jesus Christus op 'n Frekwensie Modulasie (FM) stasie kan hoor.
Prys: God vir die Christelike radiostasie waardeur baie mense die Evangelie van Christus sal hoor. Bid dat God in die harte en gedagtes van mense sal werk sodat hulle Hom as Verlosser sal aanneem.