Supermarkte hou 'Christelike' Paaseiers aan

Lofverslae - - 09 Mar 2013 - Print - Email

’n Onwaarskynlike lobbyveldtog gelei deur biskoppe het vrugte afgewerp nadat Brittanje se grootste supermarkte ingestem het om Paaseiers met ’n godsdienstige tema vir die eerste keer in voorraad te hou. Tesco, Morrisons, Sainsbury's, Waitrose en die Co-Op het onder druk gebuig ná 'n drie jaar lange 'pes'-veldtog deur figure insluitend die aartsbiskop van York, dr John Sentamu. Dr Sentamu het sy Paaspreek in 2010 gebruik om alarm te stem nadat navorsing voorgestel het dat miljoene kinders geen idee gehad het van die betekenis van die belangrikste Christelike fees nie. Een peiling het selfs bevind dat een uit elke drie kinders gedink het dit is die 'Paashaas se verjaardag'. Maar nou gaan ’n reeks billikehandel-eiers waarin donsige hase en kuikens deur drie leë kruisies vervang word, in hoofstroomwinkels te koop wees. Die sogenaamde 'Regte' Paaseiers word gemaak deur The Meaningful Chocolate Company, 'n Christelike billikehandelgroep in Manchester wat sy wins aan liefdadigheid skenk.

Prys: God vir hierdie inisiatief en bid dat dit voorspoedig sal wees, beide geestelik en finansieel.

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/religion/9905933/Bishops-lobbying-pays-off-as-supermarkets-stock-ChristianEaster-Eggs.html