Die verspreiding van die Evangelie oor die hoofstad

Lofverslae - - 16 Feb 2013 - Print - Email

Kerkleiers het die Methodist Central Hall met energie verlaat na 'n aand van lofprysing, aanbidding en inspirerende praatjies oor die deel van die lewensveranderende boodskap van die Evangelie binne hul gemeenskappe. Crossing London Mission 2013 (http://www.crossinglondon.co.uk) het ten doel om Londense kerke van alle denominasies toe te rus met die vaardighede om uit te stap na hul plaaslike gebiede om hoop te gee aan die eensames en die gebrokenes. Die eerste vergadering van die jaar, getiteld 'Inspireer', was daarop gemik om leiers aan te moedig en het Saterdag in Westminster plaasgevind. "Crossing London is nie bloot 'n gebeurtenis of 'n reeks gebeurtenisse nie, dit gaan daaroor om 'n beweging te skep," het Stephen Gaukroger, Uitvoerende Voorsitter van Crossing London, gesê. 'Ons visie is om te sien hoe Londen verander, persoon vir persoon, straat vir straat, gemeenskap vir gemeenskap.' Hy het voortgegaan: 'Daar is kwessies rondom seksualiteit en moraliteit, armoede en misdaad in ons hoofstad. Wat is die antwoord? Daar is geen ekonomiese of politieke oplossing hiervoor nie, daar is net 'n geestelike oplossing.'

Prys: God dat hierdie inisiatief die kerke sal aanspoor om uit te reik na die gemeenskappe. (Ps.57:10)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/spreading.the.gospel.across.the.capital/31557.htm