Suid-Korea: Taxi's ry passasiers na Christus

Lofverslae - - 27 Sep 2012 - Print - Email

Moon-ja Kang is een van 450 Christenbestuurders wat aan die Missionary Taxi Club in Busan, Suid-Korea behoort. Hulle het hulle daaraan gewy om hulle passasiers van die Here te vertel deur Christelike radioprogramme te speel en deur persoonlike getuienis. 'Ons versprei elke dag die gGspel op die pad,' het die groep se president, Myeong-Woong Ban, gesê. 'As 'n bestuurder vir ons die naam gee van enige kontakte wat hulle maak, sal ons vir hulle bid, hulle in ons hart omhels en hulle aan 'n kerk verbind sodat hulle Jesus kan leer ken.' Die taxi-sendelinge sien die strate van Busan as 'n sendingveld. Hulle doel is om al hul passasiers veilig by 'n ewige bestemming af te lewer. "Ek beskou die dien van God as my primêre werk, en die res van wat ek in hierdie wêreld doen, sekondêr," het die bestuurder Gil-hong Jin verduidelik.

Prys: God vir die werk van die taxi-sendelinge en bid vir diegene wat God na Homself roep. (Jes.55:6)

Meer: http://ausprayernet.org.au/newsletter/DisplayNewsletter.php