Suid-Afrika se eerste swart miljardêr gaan die helfte van sy rykdom weggee

Lofverslae - - 10 Feb 2013 - Print - Email

Geïnspireer deur die voorbeeld van verskeie ultra-ryk individue in die VSA, sal Suid-Afrika se eerste swart miljardêr en sy vierde rykste man die helfte van sy bates skenk om die armes in sy land te help. Mynmagnaat Patrice Motsepe het aangekondig dat hy die helfte van sy persoonlike fortuin gaan skenk, wat tans deur Forbes Magazine op $2,65 miljard geraam word, volgens 'n verslag deur NPR. Motsepe is geïnspireer deur 'The Giving Pledge', 'n filantropiese program wat deur Warren Buffet saam met Bill en Melinda Gates van stapel gestuur is. Tot dusver het hul inisiatief byna 'n 100 eendersdenkende miljardêrs gelok. Motsepe maak die belofte om die miljoene Suid-Afrikaners te help wat min verbetering in hul finansiële welstand gesien het sedert wit minderheidsregering in 1994 beëindig is, volgens NPR. Motsepe se vrou, Precious, het gesê dat sy rykdom deur sy leeftyd weggegee sal word, volgens die Financial Times.

Prys: God vir die vrygewigheid van Motsepe en bid dat ander deur sy besluit beïnvloed sal word. (2Kor.9:6)

Meer: http://blog.godreports.com/2013/01/south-africas-first-black-billionaire-will-give-away-half-his-wealth/#more-2810