’n Pastoor van die Kerk van Skotland wat sy ma en naaste familie verloor het in ’n selfmoordaanval op ’n Pakistanse kerk, het gesê hy vergewe hul moordenaars. Eerwaarde Aftab Gohar se 79-jarige ma, neef, niggie, twee ooms en ander vriende en familielede was onder die 171 mense wat dood is in die ontploffings op 22 September by Peshawar se All Saints-kerk. Op Sondag 20 Oktober het Gohar sy pligte by die Abbotsgrange-kerk in Grangemouth hervat nadat hy 'n emosionele verklaring gemaak het oor die militante wat verband hou met een van die dodelikste aanvalle teen Pakistan se minderheidschristene. 'Dit is verkeerd wat hierdie mense gedoen het, maar ek vergewe hulle. Vergifnis is wat ons by die Here Jesus Christus leer. Dit is hoekom ek vergewe,' het hy bygevoeg, 'Ons bid dat hulle eendag die wysheid sal ontwikkel om te verstaan dat dit nie reg is om kinders en ander onskuldige mense dood te maak nie.'
Lof: God vir Gohar se getroue getuie; vra God om voort te gaan om hom en almal wat deur terrorisme en vervolging geraak word, te versterk. (Ma.5:11)
Meer: http://www.bosnewslife.com/30958-scotland-pastor-forgives-his-mothers-killers-in-pakistan-blasts