Heiliges op straat

Lofverslae - - 19 Jun 2010 - Print - Email

Baptiste-kerke is aangemoedig om elke jaar 'n aantal Sondae opsy te sit om in hul woonbuurte uit te kom en mense te ontmoet wat nie normaalweg kerk toe sou kom nie. Die toekomstige president van die Baptiste Unie van Groot-Brittanje, ds Chris Duffett, het 'n evangelisasieprojek genaamd Saints on the Street (St St) van stapel gestuur. 'Aangesien die oorgrote meerderheid mense in die VK nie kerk toe gaan nie, neem St St-projekte kerk na die oorgrote meerderheid,' het hy verduidelik. 'Ons hoop is dat St St 'n visie kan word vir Baptiste-kerke in die VK om sommige Sondae in die jaar opsy te sit waar die oggenddiens gebruik word om met mense te skakel wat dit nie sal oorweeg om kerk toe te gaan nie.' Hy het onlangs kopers in Peterborough genooi om langs 'n BBP-rooi tapyt te stap om hulle die boodskap te gee dat God dink hulle is 'Baie Belangrike Mense'. Veertig eksemplare van Markus se Evangelie is weggegee.

Lof: dat hierdie Baptiste-uitreik effektief kan wees om die goeie nuus aan die onkerklikes te bring. (Jes. 52:7)

Meer: http://www.baptisttimes.co.uk/news1.htm