Gebedswaak sluit bordeel af

Lofverslae - - 20 Sep 2012 - Print - Email

Elyse het geweet sy moet iets doen. Haar wêreld is omgekeer deur 'n DVD wat sy oor mensehandel gekyk het. Saam met twee Operasie Mobilisasie-spanmaats het sy in die motor gespring en na 'n bordeel 10 minute verder gegaan. "Ons plan daardie aand was net om uit te gaan en te bid," verduidelik Elyse. "Maar ons het gou besef dit is ernstiger as wat ons geweet het en ons het besluit om elke aand terug te kom." So het 'n maand van gebed begin, met 'n klein groepie wat elke aand oorkant die straat van die bordeel gepos is, en bid vir diegene wat binne is. ’n Maand nadat daar begin bid het, is die tekens verwyder, ’n kennisgewing is op die deur aangebring en die bordeel is gesluit. Die span kon dit eers nie glo nie; hulle het nog 'n aand aangehou om te bid voordat hulle eintlik die teken op die deur gelees het wat dit bevestig.

Prys: God vir hoe Hy met ons praat en ons leer hoe om te bid. (1Pet.4:11)

Meer: http://www.lhfministries.com/4/post/2012/08/prayer-vigil-shuts-down-uk-bordel.html