Print this page

Paraguay: 'Altaar van gebed' bewys van herlewing

Lofverslae - - 11 Okt 2012 - Print - Email

Die 24 uur van ononderbroke gebed wat elke Sondag om 06:00 begin, betrek duisende mense van alle Christelike denominasies, in 85 plekke regoor die land. Op daardie tydstip kom 'n klein groepie bymekaar om te bid op die top van die heuwel genaamd Lambaré. Hierdie heuwel wat uitkyk oor Asunción, het 'n altaar van gebed geword vir baie gesinne in Paraguay. 'Christelike groepe, kerke en denominasies, wat ons ook al verstaan dat die persoonlike, geestelike herlewingsbeweging wat uitreik na ons bure en die land in die algemeen, deur gebed bewerkstellig word,' Sommige individue meld dat wonderwerke plaasgevind het sedert hulle bymekaargekom het om te bid, insluitend mense genees sonder enige mediese verduideliking. Maar bowenal bid hierdie gelowiges dat die Evangelie van Jesus Christus die hele land sal bereik, insluitend regeringsowerhede. "Daar is 'n Bybelse mandaat om vir ons land se owerhede te bid en ons pleit by God dat hulle deur goddelike wysheid gedryf word om die beste vir ons mense te doen," het Zully Yegros, 'n kerkganger, gesê.

Prys: God vir die 'altaar van gebed' en die bewys van God se antwoorde op gebed. (Jer.29:7)

Meer: http://www.openheaven.com/forums/forum_posts.asp?TID=40661&PN=1&TPN=1