Orissa: Vervolger het aanbidder geword

Lofverslae - - 09 Okt 2010 - Print - Email

Eens deel van die verskriklike 2008 vervolging teen Christene in Orissa, is Sharda Tamo nou deur die liefde van Jesus verander in 'n medeaanbidder in die einste kerk wat hy probeer afbreek het. In 2008 het hy by 'n skare aangesluit wat probeer het om die kerk se gebou te vernietig en op die dak geklim om sy Christelike kruis te breek. Vandag besoek hy elke week die kerk om aan die kruis van Jesus te aanbid. Die kerk in Orissa was bekend vir sy gemeenskapsuitreik en bediening aan vroue en die jeug en het 'n gerespekteerde in die gemeenskap, wat honderde mense bedien het onder leiding van 'n Evangelie vir Asië-gesteunde sendeling. In 2008 is die kerk erg beskadig en sy gemeente is vermoor of uit die dorp gedwing. Maar die kerk se dae van 'n baken vir die liefde van Jesus is nie verby nie, en God se gees het nie die gebied verlaat nie.

Prys: God dat Hy hierdie situasie omgedraai het en vra Hom vir baie meer mense in Orissa om te kies om Jesus te volg. (Ps.126:5)

Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=8247