Noord-Korea: Amerikaanse Christen bevry

Lofverslae - - 07 Sep 2010 - Print - Email

’n Amerikaanse Christen wat in Noord-Korea gevange gehou is, is vrygelaat ná ’n humanitêre poging deur die voormalige Amerikaanse president Jimmy Carter. Christian Solidarity Worldwide (CSW) het in 'n nuusverklaring gesê dit verwelkom die vrylating van Aijalon Mahli Gomes, maar doen 'n sterk beroep op die internasionale gemeenskap om druk op Noord-Korea te verskerp vir die vrylating van duisende gevangenes wat steeds in die land kwyn. CSW het gesê Gomes is in Noord-Korea aangehou sedert hy die land op 25 Januarie binnegekom het deur die grens van China oor te steek. Hy is deur die Noord-Koreaanse owerhede gearresteer en tot agt jaar in 'n arbeidskamp gevonnis. En beveel om 'n boete van $700 000 te betaal vir onwettige toegang en ongespesifiseerde 'vyandige dade'. Hy was die vierde Amerikaanse burger wat sedert Januarie 2009 deur die Noord-Koreaanse regering aangehou is, na aanleiding van Robert Park (Sien Gebedswaarskuwing 0210) en die joernaliste Laura Ling en Euna Lee, wat almal na 'n paar maande in aanhouding vrygelaat is.

Prys: God vir die vrylating van hierdie internasionale gelowiges, maar bid vir die talle burgers wat nog aangehou word. (Ps.146:7)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2010/s10080122.htm