Mexiko: Wonderbaarlike vermenigvuldiging van voedsel

Lofverslae - - 09 Nov 2011 - Print - Email

Hulle het net vir 70 mense kos voorberei. Maar sodra die diens in die gevangenis in Pochutla begin het, het 200 mans daarby aangesluit. Tydens Operasie Mobilisasie Mexiko se uitreik in die staat Oaxaca, het 'n groep vrywilligers besef hulle het nie genoeg kos nie en het vir God gebid om dit te vermeerder. Hulle gebed is verhoor. 'Ek kon dit skaars glo, maar dit het gebeur. Terwyl ons die kos aan die gevangenes uitgedeel het, het dit nie opgeraak nie. Ons het selfs genoeg borde en lepels vir 200 man gehad!' Bron: Jennifer LeClaire, OMI.

Lof: God want Hy is die God van wonderwerke. (Ps.77:14)

Meer: http://www.joelnews.org/frontpage.htm