Londen se betekenisvolle kerkgroei

Lofverslae - - 12 Okt 2013 - Print - Email

Kerkbywoning in Groot-Londen het tussen 2005 en 2012 met 16% gegroei, van 620 000 tot 720 000, wat 9% van die hoofstad se bevolking op laasgenoemde datum verteenwoordig, en sodoende die afwaartse neiging in die meeste nasionale godsdienstige aanwysers teëwerk. Die aantal plekke van aanbidding in Londen het ook gedurende hierdie sewe jaar gestyg, met 17% van 4 100 tot 4 800. Groei was veral te vinde onder swart meerderheid- en immigrantkerke, wat saam 27% van alle Christelike plekke van aanbidding in Londen in 2012 en 24% van kerkgangers uitgemaak het. Swart mense was meer geneig om dienste by te woon as blankes (19% teenoor 8%), en in Binne-Londen was 48% van aanbidders swart. 14% van alle kerke gebruik 'n ander taal as Engels en 52% van die deelnemers is in evangeliese kerke. Daarenteen trek baie tradisionele, kleiner plekke van aanbidding steeds saam. Dit is van die aanvanklike bevindings van die London Church Census, wat deur Brierley Consultancy onderneem is en deur die London City Mission geborg is.

Prys: God vir die groei van Sy kerk en mag dit lank voortduur. (Ps.145:1-2)

Meer: http://revivalmedia.org/2013/10/01/londons-significant-church-growth-320-report-2/