Jersey om die Evangelie te hoor

Lofverslae - - 15 Sep 2011 - Print - Email

Elke inwoner in Jersey sal die evangelie hoor nadat die storie van Jesus op CD gestuur is. Sowat 89 000 mense sal gevra word om na Markus se evangelie te luister wanneer dit in die volgende paar weke deur die briewebus val. Die opname is deel van 'n Bybelgenootskap-inisiatief genaamd 'You've Got The Time'. Die hele Nuwe Testament is in 40 halfuur-klanksnitte gedramatiseer, wat van die Bybelgenootskap se webwerf afgelaai kan word. Toe kerkleiers van die projek hoor, het hulle die Bybelgenootskap gevra of hulle 'n deel van die opname, deur The Riding Lights Theatre Company, op CD kan plaas. Een van die projekorganiseerders, ds Martyn Shea, sê: 'Ons wil die liefde van God demonstreer en wil hê mense moet die goeie nuus van die Bybel hoor. Hierdie hulpbron en die manier waarop die Riding Lights Theatre Company dit optree, was presies die manier waarop ons wil hê die kerk moet die Bybel in die gemeenskap aanbied.'

Prys: God vir hierdie wonderlike geleentheid om die Goeie Nuus te versprei. (Jes.52:7)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/jersey.to.hear.the.gospel/28616.htm