Jamaika: Druglord in hegtenis geneem

Lofverslae - - 28 Jun 2010 - Print - Email

Christopher 'Dudus' Coke, die vermeende Jamaikaanse dwelmbaas wat uitlewering aan die Verenigde State in die gesig staar, is gevange geneem nadat 'n soektog na hom verlede maand dodelike onrus in Kingston ontketen het. “Die veiligheidsmagte wil berigte bevestig dat Christopher Lloyd Coke, vir wie die polisie 'n lasbrief vir inhegtenisneming in verband met uitleweringsverrigtinge hou, gearresteer is,” het polisiekommissaris Owen Ellington gesê. Plaaslike kerkleier ds Al Miller het vroeër gesê dat hy 'gehelp het in die proses om Coke te oorhandig'. Die kerkleier het gehelp in onderhandelinge om spanning te verlig ná 'n polisie-operasie om Coke vas te vang wat 73 mense in 'n Kingston-krotbuurt dood gelaat het. (Sien Gebedswaarskuwing 2210) Jamaikaanse polisie, ondersteun deur troepe, het verlede maand op Coke se vesting in die verarmde Tivoli Gardens-krotbuurt toegesak om hom in hegtenis te neem.

Prys: God vir hierdie antwoord op ons gebede vir die reiniging van Kingston. (Ps.145:1)

Meer: h ttp://www.telegraph.co.uk/news/worldnews/centralamericaandthecaribbean/jamaica/7848317/Jamaican-druglord-Christopher-Dudus-Coke-arrested.html