Ons is verheug om te rapporteer dat Pastoor Yousef Nadarkhani, die Iranse pastoor wat ter dood veroordeel is vir afvalligheid, Saterdag vrygespreek en uit die tronk vrygelaat is. (Sien Gebedswaarskuwing 36-2012) Hy is nou vir die eerste keer in drie jaar by sy gesin tuis, maar word streng deur die owerhede gemonitor. Dit is nie toevallig dat hy vrygelaat is op 'n dag toe Christene wêreldwyd die hele dag vir hom gebid het nie! Baie dankie vir die rol wat jy in CSW se veldtog gespeel het. Pastoor Nadarkhani sou in die hof verskyn op nuwe aanklagte wat vermoedelik verband hou met misdade teen nasionale veiligheid. In plaas daarvan is hy tydens hofverrigtinge vrygespreek van afvalligheid, maar skuldig bevind aan die evangelisering van Moslems. Hy is vir laasgenoemde aanklag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis, maar op relatief minimale borg vrygelaat omdat hy reeds 'n hele maand van hierdie tyd uitgedien het.
Prys : God vir hierdie wonderlike antwoord op gebed. (Ef.3:20)
Meer: http://dynamic.csw.org.uk/article.asp?t=news&id=1328&search=