Indië: Twee gesinne sien God se krag

Lofverslae - - 26 Jan 2011 - Print - Email

Evangelie vir Asië-ondersteunde sendelinge Bhavi en Dipan is die pastore van twee groeiende kerke in Suid-Asië. Hulle het God se krag in die lewens van baie mense in hulle gemeentes gesien. Giri het aan voortdurende niersteenprobleme gely. Nadat ses operasies hom nie genees het nie, het Giri nie geweet wat om te doen nie. Dit was toe dat Giri hoor van die kerk waar pastoor Bhavi gedien het. Hy het met groot hoop genader, en nadat Pastoor Bhavi en die ander gelowiges gebid het, het die Here Giri genees. Meenu en sy vrou het met groot vreugde en dankbaarheid 'n ewe kragtige wonderwerk in hul lewens ontvang. Na jare se huwelik het hulle geen kinders gehad nie. Maar toe hulle van Jesus se liefdevolle krag van 'n Bybelkollegestudent hoor, het hulle nuwe hoop gehad! Hulle het vir Pastoor Dipan gaan kuier, wat saam met hulle gebid het en die Here het hulle geseën met 'n babaseuntjie. Soos Giri se familie, dien Meenu en sy vrou nou die Here heelhartig.

Lofprysing: God vir Sy wonderbaarlike krag wat lewe bring aan dié wat glo. (Dan.2:2-3)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2011/s11010111.htm