’n Premierliga sokkerster het onthul hoe belangrik God in sy lewe gespeel het. Op die punt om in die eindstryd van Europa se tweede mees gesogte kompetisie te verskyn, het die Fulham-ster Zoltán Gera (31) die lewensverhaal onthul van hoe sy Christelike geloof hom gehelp het om baie probleme in sy jeug te oorkom. As 'n jongeling is mnr Gera tot op die randjie gedryf deur drank, dwelms en dobbelary. Hy beweer dat hy gered is deur God te vind en nou hoop hy dat sy merkwaardige verhaal sal dien as 'n voorbeeld van hoe 'n lewe wat deur wanhoop besmet is, een kan word wat met hoop begenadig is. Sy storie, wat in The Evening Standard verskyn het, word des te merkwaardiger as in ag geneem word dat dokters eenkeer vir hom gesê het dat hy sy liggaam aan soveel mishandeling onderwerp het, deur die indrinking van alkohol en onwettige middels, dat hy nooit sy droom van sokker op die hoogste vlak speel.
Prys: God vir die getuienis van Zoltan en ander in die openbare oog. (Joh.19:35)