Duitsland: 4 000 nuwe Jesus-volgelinge

Lofverslae - - 27 Des 2011 - Print - Email

Vier jaar gelede is 'n sendingbeweging op voetsoolvlak onder jongmense in Duitsland aangesteek onder die naam 'No Limit'. Sedertdien is 7 000 Christene gemobiliseer om uit te reik na nie-gelowiges en 4 000 nuwe mense het Jesus begin volg. Baie genesings het op straat plaasgevind, soos 'n 15-jarige wat 'n blinde weer sien sien het. ’n Jong tiener het saam met ’n verlamde man gebid wat heeltemal genees is. 'n Span het in 'n hospitaal gebid vir 'n vrou wat teen kanker sukkel; 'n rukkie later het die Geneesheer haar volkome genees verklaar. Hierdie Winter-evangelisasie-uitreike vind in meer as honderd stede regoor die wêreld plaas. ’n Groot Summer2Go-uitreik is ter voorbereiding vir 2012.

Prys: God vir die groei van hierdie sendingbeweging onder die jongmense. (Luk.9:6)

Meer:http://nl.thull-hosting.de/index.php?id=4&L=1