Gambiese tronk-nagmerrie verby vir mamma

Lofverslae - - 12 Jan 2011 - Print - Email

’n Christen-sendeling in Suid-Devon, wat in Gambië tronk toe gestuur is vir opruiing, is vrygelaat. Fiona Fulton, van Torquay, en haar man David, oorspronklik van Troon, Ayrshire, is verlede Desember tot 12 maande tronkstraf met harde arbeid gevonnis. Die Foreign Office het nou bevestig mev Fulton is Dinsdag terug na die VK gedeporteer nadat sy uit die Gambiese tronk vrygelaat is. Mnr Fulton bly in die tronk nadat nog drie jaar by sy tronkstraf gevoeg is. Vriende en familie van die Suid-Devon-gebaseerde egpaar het gisteraand mev Fulton se vrylating gevier nadat hulle meedoënloos veldtogte gevoer het om haar en David te sien bevry. Martin Speed, pastoor van die Westhoughton Pentecostal Church in Bolton wat die egpaar se sendingwerk in Gambië ondersteun het, het gesê die gemeenskap se gebede is verhoor. Die egpaar is in November 2008 gearresteer. Hulle is tot een jaar tronkstraf gevonnis met harde arbeid. Die egpaar het altyd die aanklagte teen hulle ontken.

Bid: God dat Fiona vrygelaat is en bid dat David binnekort by haar sal kan aansluit. (Jes.42:6-8)

Meer: http://www.thisissouthdevon.co.uk/news/Gambian-jail-nightmare-mum/article-1661907-detail/article.html