Ahmed het Christene gehaat. Hy het hulle aangeval en hulle Bybels verbrand. Toe is hy gered deur direkte ontmoetings met God en het uit Islam gekom om 'n magtige Evangeliese sendeling in Ethiopië te word. Hy sê: 'Toe ek geslaap het, het 'n Stem uit die Hemel gekom en gesê: 'Mohammad, jy leef in duisternis. Kom uit daardie grot en volg My.' Ahmed het op een of ander manier geweet dat dit die stem van die Christelike God was, maar toe hy sy droom aan sy ma toevertrou het, het sy hom uit die gesinshuis geskop, so hy het God se aandag van die hand gewys. Toe word hy siek, 'Ek kon nie eet, loop of praat nie, ek het hospitale toe gegaan maar is nie genees nie.' In desperaatheid het hy nederig om hulp gevra van Christensendelinge wat oor Jesus se boodskap van verlossing uit genade deur geloof gepraat het, en toe het hulle saam gebid. Nou sê Ahmed: 'Jesus is my vrede, my genesing, my bediening en my Verlosser.'
Prys: God vir Ahemed se storie en mag nog miljoene wat in totale duisternis leef Sy stil stemmetjie hoor. (Jes.30:20-22)
Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=9896