Print this page

Estland: Bonatuurlike smaak van herlewing

Lofverslae - - 26 Nov 2010 - Print - Email

Groot skares Estlanders het 'n voorsmakie gekry van die geestelike herlewing wat Suid-Korea getref het toe hulle die Estonia Miracle Healing Crusade bygewoon het wat op 30 en 31 Oktober 2010 gehou is. Dit is gehou in die grootste arena in Estland, geleë in die hoofstad Tallinn , gelei deur Dr. Jaerock Lee, Senior Pastoor van die Manmin Central Church in Suid-Korea. Hierdie kruistog het die bywoningsrekords van 'n Christelike geleentheid in die land gebreek. Baie mense het Christus as hul Verlosser aangeneem en ander is genees van verskeie siektes insluitend kankers, hartsiektes en swak sig. Biskop Dr. Robert A. van Heulen, Europese Direkteur van The Association of Evangelical Assemblys, het baie siek geword en Estland binnegekom met staatmaak op die rolstoel omdat hy nie behoorlik kon loop nie. Maar toe Dr. Jaerock Lee vanaf die podium by die kruistog vir die siekes gebid het, het biskop Dr. Heulen se gesig begin gloei. Dadelik het krag op sy bene neergedaal en hy het uit sy rolstoel opgestaan en begin loop.

Prys: God dat sy Gees in Estland aan die werk is en mag dit lank voortduur. (Luk.11:13)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2010/s10110162.htm