Print this page

Denemarke: Helle leer om wonderwerke te doen

Lofverslae - - 16 Jun 2011 - Print - Email

Torgen Sondergaard is 'n jong evangelis van Denemarke. Hy glo dat wanneer mense Jesus begin volg, dit belangrik is om hulle dadelik te leer om die bevele van Jesus uit te leef. Neem vir Helle, ’n jong Deense vrou wat drie weke gelede na Christus gekom het en dadelik gedoop is. Torben het haar genooi om stad toe te kom en vir mense wat siek is te bid. "Jesus het vir ons gesê om dissipels van alle mense te maak," verduidelik Torben. 'Doop hulle en leer hulle om alles te gehoorsaam wat Jesus ons beveel het om te doen. En een van hierdie opdragte is om te verkondig dat die Koninkryk van God naby is en die siekes gesond te maak.' Wat volgende gebeur, is nogal verbasend. Helle, wat byna geen Bybelkennis het nie, bid 'n eenvoudige gebed: 'Vader, ek dank U vir genesing en dat U nou alle pyn verwyder, in Jesus se Naam. Amen.' Tot haar eie verbasing en tot die verbasing van die mense vir wie sy gebid het, word hulle genees.

Prys: God vir die manier waarop hy Helle gebruik het en bid dat haar getuienis ander sal aanmoedig om in geloof uit te tree. (Heb.11:1)

Meer: http://www.youtube.com/watch?v=CIzM91AanIE