Print this page

David Cameron prys die werk van kerke

Lofverslae - - 13 Jun 2013 - Print - Email

David Cameron se Big Society Awards gee erkenning aan uitstaande mense en organisasies wie se werk lewens verbeter en gemeenskappe versterk. Die Cinnamon Network het Maandag 'n Big Society-toekenning ontvang, aangesien die Eerste Minister erkenning gegee het aan die wydverspreide werk van verskeie kerke in hul gemeenskappe. Die Cinnamon Network is in 2010 van stapel gestuur en is 'n gemeenskap van 100 HUB's van liefdadigheidsorganisasies, maatskaplike ondernemings en kerklike denominasies wat passievol die spiere van plaaslike kerke versterk vir gemeenskapstransformasie. Dit is 'n vennootskap tussen Make It Happen, Piercing Blue en Tearfund en hul visie is om te sien dat die UK Church aan die groeiende sosiale behoeftes binne ons gemeenskappe voldoen. David Cameron het gesê hy is bly om aan The Cinnamon Network hierdie toekenning te kon gee ter erkenning van die werk met werksklubs, straatleraars en ondersteunende kerke om kwessies in hul woonbuurte aan te spreek.

Prys: God vir die eenheid van die Kerk in die Verenigde Koninkryk wat deur hierdie inisiatiewe vertoon word en vra Hom om voort te gaan om sy seëninge op hierdie ondernemings uit te stort. (Ps.133)

Meer: http://godandpoliticsuk.org/tag/big-society-awards/