Die vooraanstaande Chinese menseregteprokureur Gao Zhisheng is Sondag lewend bevestig ná meer as ’n jaar sonder betroubare inligting oor waar hy hom bevind. "Ek is geweldig verlig dat my man leef," het Gao se vrou, Geng He, gesê in 'n verklaring uitgereik deur Freedom Now, 'n groep wat gewete-gevangenes verteenwoordig. "Ek en my kinders het hul pa sedert Januarie 2009 nie gesien nie," het sy gesê. "Ons doen 'n beroep op die Chinese regering om Zhisheng toe te laat om die land te verlaat en met ons in die Verenigde State herenig te word." Gao, wat een van China se bekendste prokureurs en menseregte-aktiviste is, is laas in Februarie 2009 gesien toe 'n dosyn polisiebeamptes hom glo in die openbaar beslag gelê het. Gao het die woede van die Chinese regering ontlok deur groepe te verdedig wat deur owerhede onderdruk is, soos ondergrondse kerke, beoefenaars van die geestelike beweging Falun Gong, en boere wat van hul grond verdryf is. Gao self is 'n Christen wat in 'n huiskerk aanbid. (Sien Gebedswaarskuwing 1309, 1509)
Prys: God vir die nuus dat Gao leef en bid nou vir sy vrylating. (Jes.42:6-8)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/missing.chinese.lawyer.confirmed.alive/25591.htm