China: Regering nooi Christelike huwelik kursus

Lofverslae - - 05 Jul 2012 - Print - Email

Merkwaardige nuus uit China is dat Alpha se Huwelikskursus goedgekeur is vir verspreiding en gebruik regoor die land. Die nuus het gekom toe die stigters van Huwelikskursus Nicky en Sila Lee na China genooi is om 'n tweedaagse huwelikskonferensie in Beijing te hou. Byna die helfte van die afgevaardigdes was staatswerknemers wat betrokke was by die keuse en opleiding van pleegouers vir projekte regoor China. Die visie om The Marriage Course te gebruik om pleegouers op te lei, het 'n buitengewone geleentheid geskep vir The Marriage Course and Marriage Preparation Course om in China gebruik te word. Nasionale en plaaslike regerings stel belang om die kursusse te gebruik om die huwelik en gesinslewe regoor die land te versterk. Daar is tans meer as 1,8 miljoen egskeidings elke jaar in China.

Prys: God vir hierdie geleentheid en bid dat dit sal lei tot 'n wyer aanvaarding van Christelike huweliksbeginsels. (Ps.48:10)

Meer: http://joelnews.org/