Print this page

China: Maatskappy publiseer 'wettig' 110 Christelike boeke

Lofverslae - - 21 Mar 2011 - Print - Email

'n Engelsman wat nou in China woon, het onthul dat die maatskappy vir wie hy werk nou 110 Christelike boeke uitgebring het - met die volle toestemming van die regering. Hierdie verrassende feit is onthul deur David Wright, hoofbestuurder van ZDL Books, tydens 'n onlangse onderhoud by NRB 2011 in Nashville, Tennessee. "Ek werk vir 'n organisasie genaamd ZDL en ons is in Beijing gebaseer en is daarop gefokus om Christelike inhoud wettiglik na China te bring," het Wright begin. 'Ons het sedert 2003 gewerk om dit te doen en vandag het ons sowat 110 wettig goedgekeurde boeke wat oor die hele land versprei word. Ons het ook 'n aantal webwerwe wat gebou is en wat inhoud oor die hele land versprei en ons hou opleidingsgeleenthede wat weer almal oop en wettig is.'

Prys: God vir die verspreiding van Sy Woord. (Rom.10:15)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2011/s11030109.htm