Kinders en die volgende generasie

Lofverslae - - 03 Des 2013 - Print - Email

Hoda is 'n sigeunermeisie wat in die suide van Libanon woon en deelneem aan 'n geletterdheidsprogram by 'n sentrum wat deur gelowiges bestuur word. Hoda het oor hul families gepraat en verduidelik dat haar oudste suster wat by hulle woon, swanger is, maar nie die baba wil hê nie en aanhoudend sê dat sy die baba wil doodmaak. Haar juffrou het aan die klas verduidelik dat God die Skepper is, dat Hy hierdie klein babatjie gemaak het en dat Hy lief is vir kinders. Sy het ook verduidelik dat as die ma aanhou om die baba te verwerp en te haat, sal die baba gebore word met 'n gevoel van verlating en verwerping. Hoda het die middag huis toe gegaan en aan haar suster verduidelik dat hulle met die baba moet praat, die baba moet liefhê en hierdie baba as 'n geskenk van God moet aanvaar. Die volgende dag het Hoda teruggekeer klas toe, opgewonde om vir almal te vertel dat haar suster van plan verander het! Sy het besluit om die baba te behou en lief te hê en nie meer hierdie geskenk te verwerp nie.

Prys: God en bid dat Hy sal voortgaan om Homself aan kinders en aan die volgende geslag te openbaar wat die toekoms van Libanon sal vorm. (Mat 11:25)

Meer: http://www.cryoutnow.org/