'n Moslemgroep wat ekstremistiese standpunte huldig, se plan om 'n reuse-moskee van £3 miljoen in Camberley, Engeland te bou, is finaal deur plaaslike owerhede van die hand gewys. As die planne goedgekeur is, sou die moskee twee minarette van 30 meter gehad het wat uitkyk oor die Royal Military Academy Sandhurst en bo die paradegrond en die aangrensende St Michael's Church uittroon. Die voorstel het ernstige veiligheidskwessies laat ontstaan, veral in die lig van die gereelde koninklike besoeke aan Sandhurst. Die Bengaalse Welsynsvereniging het in Maart 2010 geappelleer teen die verwerping van die plan deur die Surrey Heath Borough Council. Die omstrede planne om die gelyste Victoriaanse skool wat tans as 'n moskee gebruik word af te breek en die mega-moskee te bou, is aanvanklik deur die raad se beplanningskomitee goedgekeur. . Die Beplanningsinspektoraat het verlede week die voorgestelde moskee beskryf as 'bietjie meer as 'n redelik tradisionele ontwerp wat van iewers in die Nabye Ooste of die Indiese subkontinent na Surrey omgesit is.'
Prys: God vir hierdie verandering van planne en vir die luister na die mense se bekommernisse. (Spr.1:5)