Veertig van die rykste mense in die VSA het Woensdag belowe om meer as die helfte van hul fortuin aan liefdadigheid te skenk as deel van 'The Giving Pledge'-veldtog wat deur Microsoft-medestigter Bill Gates en die legendariese belegger Warren Buffet georganiseer is. Die groep sluit in CNN-stigter Ted Turner, New Yorkse burgemeester Michael Bloomberg, Oracle-medestigter Larry Ellison en Hollywood-regisseur George Lucas, sowel as Microsoft-magnaat Gates en beleggingsghoeroe Buffett. Die idee, wat net ses weke gelede as 'The Giving Pledge' aangekondig is, is om miljardêrs regoor die land te oortuig om die meeste van hul geld – 50 persent of meer – aan liefdadigheid af te staan. 'Die belofte is 'n morele verbintenis om te gee, nie 'n wettige kontrak nie,' lui 'n verklaring wat Woensdag vrygestel is deur www.givingpledge.org
Prys: God vir die vrygewigheid van hierdie mense en bid dat hulle gawes die behoeftigste sal seën. (2Kor.9:11-12)