Print this page

Verbod op skoolmeisie se Katolieke fondsinsamelingspoging opgehef

Lofverslae - - 30 Jun 2012 - Print - Email

’n Skotse skoolmeisie wat geld vir ’n Katolieke liefdadigheidsorganisasie ingesamel het deur foto’s van haar skoolmiddagetes aanlyn te plaas, het ’n amptelike verbod oorwin om haar te probeer verhoed om dit te doen, berig Catholic News Agency. Die negejarige Martha Payne, wat Laerskool Lochgilphead bywoon, het laat in April foto's van haar daaglikse middagete op haar blog getiteld 'NeverSeconds' begin plaas. Sy het aan elkeen 'n telling gegee vir gesondheid, smaak en die aantal mondvol wat dit geneem het om te eet. Haar doel was om $11 000 vir die Katolieke liefdadigheidsorganisasie Mary's Meals in te samel sodat hulle 'n kombuis in 'n skool in Malawi in Afrika kon bou. Binne 'n paar weke het Martha se webwerf meer as twee miljoen besoeke ontvang en 'n derde van die skenkings wat nodig was om die kombuis te bou. Maar, nadat die sukses van Martha se blog op 14 Junie in 'n nasionale koerant uitgelig is – onder die opskrif 'Time to fire the dinner ladies' – is sy deur skoolbeamptes aangesê om haar aktiwiteite te staak.

Prys: God vir hierdie jong dame se inisiatief om geld in te samel vir behoeftiges. (Spr.22:1)

Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue16614.html