Oudiogeskrifte kan 200 000 bereik met die Evangelie

Lofverslae - - 24 Jul 2010 - Print - Email

Nog vyf Oudio Nuwe Testamente is voltooi en vrygestel om tienduisende mense met die Evangelie te bereik, berig Mission Network News. Hierdie nuwe Oudio Nuwe Testamente verteenwoordig 184 000 mense regoor Mexiko, Guinee, Papoea-Nieu-Guinee en Colombia. Die vyf nuwe vrystellings bring die aantal oudio Skrif opnames wat deur Faith Comes By Hearing vrygestel is op 521 te staan. Die Oudio Nuwe Testamente wat nou beskikbaar gestel is, is: Chinanteco de Tepetotutla, Ipili, Mazateco de Ayautla, Ticuna en Yalunka. Die vervaardiging van hierdie vyf oudiogeskrifte sal nie net die Evangelie beskikbaar stel aan 'n menigte mense, geletterd sowel as ongeletterd nie, maar dit bring ook Faith Comes By Hearing nader aan sy doelwit om oudiobybels in 2 000 tale op te neem teen die jaar 2016. Mense ontvang dikwels Oudio Nuwe Testamente van Faith Comes By Hearing in die vorm van sonkrag-aangedrewe Verkondigers, wat die hele Nuwe Testament bevat en met die hand gedraai of in die son gesit kan word om te werk.

Lofprysing: God as die mense ontvang oudio Skrifte wat hulle die Sy Woord sal verstaan en omhels. (Heb.4:12)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue10402.html