Print this page

Amerika: Saambly-paartjies se 'gratis troudag'

Lofverslae - - 01 Jun 2012 - Print - Email

Huwelik is 'n kwynende instelling in die VSA, wat sedert 1960 met 54% gedaal het. Gedurende dieselfde tyd het die aantal paartjies wat saamwoon, die hoogte ingeskiet. Craig Gorc, pastoor van Cedar Park Assembly of God in Seattle wou veg vir die huwelik en teen saamwoon. Hy het gevind dat een van die grootste struikelblokke vir 'n paartjie se troue deesdae die enorme koste is (gemiddeld $26 542 in Seattle), so hy en die gemeente by Cedar Park Assembly het verlede Junie 'n Gratis Troudag gehou, deur middel van hul webwerf, sosiale media, die nuusmedia en hul senior pastoor se e-poslys van meer as 6 000 mense. Drie paartjies het hulle op die aanbod aanvaar en meer sal in Junie. "Die koste wat ons hulle spaar, is sowat $8 000 tot $10 000," het Gorc aan CBN News gesê. "Ons voorsien alles wat jy nodig het behalwe vir die bruid en bruidegom." Die hoofdoel was om te verseker dat paartjies nie geoordeel word vir hul lewenstyl of lewenskeuses nie.

Prys: God vir hierdie inisiatief en mag baie soortgelyke Christelike uitreikweë op so 'n tyd soos hierdie oopgemaak word. (Fil.3:7)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/us/2012/May/Church-Offers-Cohabiting-Couples-Free-Wedding-Day/