70 000 plus bid in Kaïro

Lofverslae - - 03 Des 2011 - Print - Email

Verlede week het meer as 70 000 die hele nag in Kaïrio gebid, maar hulle was nie Moslems nie. Die grootste Christelike geleentheid in Egipte vir meer as 'n millennium is gehou by St. Simeon die Tanner Koptiese Ortodokse Kerk in Mokattam, Kaïro se grootste 'vullisstad'. ’n Egiptiese Christenleier het dit die begin van ’n herlewing genoem, al was daar geen promosie vir of mediadekking van die deurnaggeleentheid nie. Terug in September 2009, tydens 'n gebedsbyeenkoms in Egipte, het die geleentheid se organiseerder geprofeteer dat president Mubarak 'geen genade' in 2011 sou ontvang nie; die Gees het verder geopenbaar dat daar bloedvergieting, vervolging en die vernietiging van kerke sou wees, maar as God se mense Sy stem sou hoor en hulle sou bekeer, dan sou Hy hulle gebede verhoor. Vinnig vorentoe na 9 Oktober 2011, toe baie Koptiese Christene in Kaïro vermoor is; in reaksie hierop het Christenleiers vir 3 dae van gebed vergader, waarna hulle hul voorneme aangekondig het van 'n deurnag gebedsgeleentheid vir die hele Egipte.

Prys: God vir die manier waarop Hy sy mense roep tot gebed in 'n plek van nood. (Ps.62:8)

Meer: http://www.worthynews.com/11082-70000-plus-pray-in-cairo