4,5 miljoen aanlyn besluite vir Christus

Lofverslae - - 17 Jan 2013 - Print - Email

Die Fransman Eric Célérier staan aan die hoof van Jesus.net, 'n internet-evangelisasiebeweging wat hy meer as sewe jaar gelede gestig het en wat nou meer as 100 mense van 20 lande betrek. Jesus.net is veral bekend vir die webwerwe Knowing God and Peace With God. Sedert die beweging begin het, het Célérier gesien hoe meer as 36,8 miljoen mense op een van die Jesus.net-webwerwe klik wat 'n evangelie-aanbieding deur middel van videoformaat lewer. Meer as 4,5 miljoen mense het aangedui dat hulle gebid het om Christus te ontvang en ongeveer 25 persent van hulle het 'n persoonlike inligtingsvorm ingevul, wat gebruik is om dissipelskapmateriaal te stuur, asook om nuwe gelowiges te help om by 'n plaaslike kerk ingeskakel te word. 'n Netwerk van 330 kerke het aangesluit om nuwe Christene te help groei in hul geloof. Jy sal dalk wil kyk na die fassinerende Google Earth-kaart met intydse besluite vir Christus in 3D. Elke minuut kom drie mense na Christus toe.

Prys: God vir die baie duisende besluite vir Christus elke dag. (Joël.3:14)

Meer: http://about.jesus.net/about/decisions-to-know-jesus/