Egipte se Christelike martelare getuig vir die nasie

Onverskrik deur die slagting van 21 Koptiese Christene in Libië, het die direkteur van die Bybelgenootskap van Egipte 'n goue evangeliegeleentheid gesien. 'Ons moet 'n Skrifgedeelte gereed hê om so gou as moontlik aan die nasie te versprei,' het Ramez Atallah aan sy personeel gesê die aand wat 'n IS-gekoppelde groep sy grusame propagandavideo vrygestel het. Die wêreld het vir 'n oomblik stilgestaan toe hulle die nuus hoor van 21 Koptiese Christene wat deur IS aan die kus van 'n strand in Tripoli vermoor is. Koptiese Christene kry nie veel aandag op die wêreldtoneel nie, maar dit was anders. Die foto's van daardie oranje geklede mans op die strand het oral opgeduik, die stories van hul lewens het elke dag meer aandag gekry. Minder as 36 uur later is die boekie 'Twee rye by die see' na die drukker gestuur. Een week later is 1,65 miljoen eksemplare in die Bybelgenootskap se grootste veldtog ooit versprei.