’n Christelike organisasie het ’n openbare verskoning ontvang nadat sy geleentheid weens sy tradisionele huweliksoortuigings by ’n plek in staatsbesit verbied is. In 2012 het die Koningin Elizabeth II-konferensiesentrum Christian Concern verhinder om 'n debat te hou wat sprekers vir en teen gay-huwelike sou hê. Die sentrum het die geleentheid die aand voor dit sou plaasvind gekanselleer en gesê die groep se sienings is 'onvanpas' vir 'n gebou in staatsbesit. Maar Christian Concern het regstappe geneem en het nou 'n skikking buite die hof bereik met die konferensiesentrum en die departement vir gemeenskappe en plaaslike regering wat die lokaal besit. Dit het gesê: “Die Sentrum aanvaar dat sommige mense diepgaande standpunte oor die aard van die huwelik het, en dat elke individu die vryheid het om dit in ooreenstemming met die wet uit te druk. (Sien Gebedswaarskuwing 5-7-2012)